Moedertaalonderrig

Die invloed van moedertaal op die leerders tydens Wiskunde Onderrig

Leerders presteer swak in skole op akademiese veld omdat daar ‘n gebrek is aan moedertaalonderrig

In hierdie navorsing word moedertaal verwys na 11 amptelike Afrika tale in Suid Afrika. Invloed beteken dan ook in hierdie navorsing die manier hoe leerders reageer en leer en presteer met die moedertaal onderrig.

Keywords: Moedertaalonderrig, Wiskunde, vaktaal, tale, ontwikkel

Inleiding

Volgens artikel 30 van die Grondwet van Suid Afrika word dit duidelik voorgeskryf dat elke persoon die reg het om taal van sy/haar keuse uit te oefen. Language and culture: Everyone has the right to use the language and to participate in die cultural life of their choice.

Om bogenoemde dan te ondersteun, volgens die Statutes for Education Law, atrikel 29 (2) van die Suid Afrikaanse Grondwet: “Education”, wat daarop klem lê dat elke persoon die reg het om onderrig te ontvang in die die taal van sy/haar keuse solank as wat die onderrig plaasvind in ‘n publieke instansie.

Moedertaalonderrig speel ‘n belangrike rol van opvoeding. Die vraag is egter of dit moontlik is om moedertaalonderrig te volmaak tot in die VOO fase van die opvoeding.

In hierdie navorsing word daar gekyk na die kognitiewe ontwikkeling van die kind. Verder bespreek ons die taalontwikkeling, asook hoekom moedertaalonderrig belangrik is en hoe moedertaalonderrig ‘n invloed het op vakke soos wiksunde en wetenskap, die voordele en die nadele wat moedertaalonderrig op die leerders het.

Moedertaal ontwikkeling

Die ontwikkeling van die moedertaal begin reeds by die pasgebore baba met kort, klein woorde. Louw, Gerdes en Meyer (1984:10). Babas kan vanaf twee weke oud onderskeiding tref tussen woorde en klanke. Vanaf twee maande oud kan babas emosie in stemme aflei deur van die verskillende stemtone te onderskei asook kan hulle die verskil hoor tussen ‘n man- en vroustem. Teen ongeveer ses maande word die baba bewus van ritme en kan dan al intelligent reageer ten opsigte van vreemde tale.

Daarna ontwikkel die kind deur die fase wat volgens Brown (1973) gestel is:

1. Tweewoord uitdrukkinge

2. Uitinge, meer as twee woorde

3. Leer om eenvoudige sinne te maak

4. Leer om meer gedetalieerde sinne te maak met voegwoorde en bysinne.

Hieruit kan die hipotese geformuleer word dat wanneer die leerder vanaf minute na geboorte die moerdertaal begin aanleer, kan die leerder makliker leer, kogniteif te kan dink en om intellektueel te kan ontwikkel in sy eie moedertaal.

Die kognitiewe ontwikkeling van die kind word gevorm deur die verskillende sintuig ontwikkeling en gewaarwordingvermoë van die kind. Volgens Meyer (1990:12) sluit die bestudering van kognitiewe ontwikkeling die bestudering van die waarneming, geheue, taal en intelligensie ontwikkeling in:

1. Waarneming. Dit kan ook gesien word as ‘n gewaarwording. Dit behels dan die belewenis van hitte, reuk, smaak ens. Daarom kan waarneming gesien word as die kognitiewe proses van die verkrying van inligting.

2. Taalontwikkelig. Dit is belangrik om te onderskei tussen kommunikasie, wat al reeds gevorm word voordat die kind self kan praat. Die kind se babataal word gesien as gesproke taal en daarom word dit ingesluit by taal. Onderrig vind plaas deur kommunikasie, daarom is dit belangrik dat die kind taal ontwikkel en kommunikasievaardighede ontwikkel.

3. Intelligensie. Die kind se vermoë om sy eie wêreld te verstaan en om problem op te los (wat in wiskunde voorkom as ‘n leeruitkoms). Hierdie intellek hou verband met die ontwikkeling van taal en waarnemings. Dus kan daar ook gesê word dat die intelligensie van ‘n leerder dui op die moeilike definieerbare vermoë om ‘n wye verskeidenheid lewensprobleme op te los.

Die probleemstellig spreek dat leerders swak presteer in skole op akademiese veld as gevolg van ‘n gebrek aan mordertaalonderrig in wiskunde. Is die laas bogenoemde die rede hiervoor? Omdat die leerder se kognitiewe ontwikkeling in die moedertaal geskied, het dit moontlik ‘n invloed op die leerders se leer ontwikkeling in ‘n tweede of derde taal?

Nadele van wiskunde onderrig in die moedertaal (Afrika tale)

Vorige navorsing het al bewys dat daar wel wiskunde onderrig in die moedertaal geskied. ‘n Voorbeeld daarvan is skole in Botswana wat wiskunde onderrig in Setswana gee. Tydens die navorsing is bewys dat daar ekstra handboeke gedruk word sodat die engels vertaal is in Setswana. Dit kan egter duur word wanneer al die handboeke oorgedruk moet word om plek te maak vir die moedertaalonderrig.

Verder het die navorsing opgemerk dat nie alle dele van die handboek in Setswana vertaal kon word nie. Ag gevolg daarvan is dele van die handboek in Engels gedruk.

Daar kan verskeie redes wees hiervoor. Volgens skrywer kan die moontlike rede wees omdat die Afrika tale nie ‘n uitgebreide komplekse taal is nie. Hierdie tale het ‘n geweldige gebrek aan woordelys of woordeskat om terme en konsepte, wat benodig en gebruik word in die wiskunde, te kan uitdruk. Die Afrika tale en woordeskat het ook baie dubbel menings wat ‘n groot hindernis kan wees in die vertaling van belangrike konsepte in wiskunde

Navorsing het ook tot die gevolgtrekking gekom dat leerders meer kere fouteer in die moedertaal as in Engels en ook beter presteer in die Engelse weergawe van toetse. Hier kan die gevolgtrekking gemaak word dat moedertaal onderrig in wiskunde die prestasie van die leerder belemmer.

Bell (2003) en Adler (2001) kan die bogenoemde redenasie ondersteun met hul bevindig dat leerders ook swak presteer in standard wiskunde toetse wat in die tweede of derde taal vertaal is.

Daar is ‘n Amerikaner man wat die stelling gemaak dat hoe gouer kinders die Engelse taal onder die knie kry, hoe beter. Word hiermee dan bedoel dat die onderrig wat huidiglike meestal in engels plaasvind ‘n meer rasionale benadering is? Dit is ook belangrike om dan die feit dat die moerdertaalonderrig sommige leerders bevoordeel en ander benaadeel, in gedagte te hou.

Positiewe faktore van die wiskunde onderrig in die moedertaal

‘n Projek genaamd The Pan South African Language Board (Pansalp), werk aan die bevordering van al die elf amptelike tale in Suid Afrika. Pansalp werk aan woordeboeke vir elke taal om terminologie van verskillende vaktale soos wiskunde te vertaal in die elf tale van Suid Afrika.

Wanneer die onderrig geskied in die moedertaal kan dit wees dat die leerders se geletterdheid in lees- en skryfkunde goed sal verbeter en wanneer die leerder sy eie moedertaal bemeester het, sal hy homself beter kan uitdruk in die sosiale konteks sowel as in die klaskamersituasie.

Wanneer ‘n kind getoets word in ‘n taal wat hy/sy nie ten volle bemeester het nie en die taal gebruik as ‘n tweede of selfs derde taal, kan die leerder se intreevlak en ook vlak van kennis nie noukeurig bepaal word nie. Volgens Cummins en Swain (1986:40) is die toets van kennis, vaardighede en waardes in ‘n tweede of derde taal, ‘n groot rikiso.

Veeltaligheid

Dit is ‘n argument wat altyd na twee kante kan verskil. ‘n Belangrike opmerking van moerdertaalonderrig in wiskunde is dat die gebruik van ‘n tweede taal moontlike die kognitiewe asook die akademiese vaardighded van die leerder kan belemmer. Dit sal dan die rede wees vir die swak akademiese vordering in ‘n vak soos wiskunde.

Nou kan dit teenstryding wees dat wanneer ons in wiskunde getoets word, toets ons taalvaardighede of kennis van die vak? Dit is belangrik vir die leerder om die vraag wat gevra word duidelik te verstaan sodra hy/sy weet wat van hom verwag word om te antwoord. Wanneer die vraag nie verstaan word nie, kos dit punte wat die leerder moet betaal. As die rede hiervoor dan is omdat die vraestel vertaal is in die moedertaal en die die vrae dubbelsinnig gestel word, kan die onderrig dan nie in engels geskied oor die land of dan wêreld nie?

Moontlik wanneer wetenskaplikes ook dalk die vaktaal van wiskunde in ‘n internasionale taal (soos byvoorbeeld Latyn) kan omskep soos met die mediese veld, sal die probleem van veeltaligheid dalk vir goed opgelos wees.

Bronnelys

ADLER, J. 2001. Teaching Mathematics in multilingual classrooms. London: Kluwer academic.

BELL, B. 2003. Mothertongue maintenance and math and science achievement: A contribution towards policy formulation of multilingual language - in - education policiese for South Africa schools.

BROWN ,R.W. 1973. A first Language: The early stages. London: Allen & Unwin

CUMMINS, J. & SWAIN, M. 1986. Bilingualism in Education. London: Longman.

DU TOIT, C. 2006. Identifisering van faktore wat die onderrig en leer van Afrikaans as tweede addisionele taal beinvloed. (M. Verhandeling, Noordwes Universiteit).

HARRIS, M and COLTHEART, M. 1986. Language Processing in Children and Adults: An Introduction. London and New York: Routledge

MWAMWENDA, T.S. 1995. Educational Psychology: An African Perspective. Durban: Butterworths

SLOBIN, D. 1970. Universals of Grammatical Development. (In Flores D' Arcais, G & Levelt, W., eds. Advances in Psycolinguistics. Amsterdam: North Holland. P 174 - 186)

ROSSOUW, J.P. & OOSTHUIZEN, I.J. 2009. Statutesn For Education Law. 4th ed. Platinum press. P23

Please be aware that the free essay that you were just reading was not written by us. This essay, and all of the others available to view on the website, were provided to us by students in exchange for services that we offer. This relationship helps our students to get an even better deal while also contributing to the biggest free essay resource in the UK!