Die mikro-genre huistafels

Oorsprong van huistafels

Huistafels (van Duits afgelei) is die term wat geleerdes gebruik om sekere Bybeltekste aan te dui, wat sekere huishoudelike pligte en verantwoordelikhede vervat en vir die "algemene bestuur" van huishoudings uiteengesit is.

Onlangse navorsing

Van die vroegste argumente was dat huishoudelike kodes net 'n Christelike weergawe van Stoïsynse kodes was óf dat dit 'n Joodse oorsprong gehad het wat in die Pauliniese kerke opgeneem is. Latere menings was dat die Nuwe-Testamentiese kodes net 'n stereotipering van huishoudelike gebeure van die oud-Griekse beskawing was. 'n Latere voorstel was dat huishoudelike kodes tot die term "huistafels" beperk moes word. (Huistafels was egter nie tot huisgesinne en huishoudings beperk nie, maar ook met gesagstrukture in die algemeen.

Huistafels in die Nuwe Testament

Ek sou sê dat huistafels algemene voorskrifte of reëls was wat in die Nuwe-Testamentiese tyd binne huishoudings gebruik is. Hierdie voorskrifte word telkemale teenkom met verskeie voorskriftelike t.o.v. verhoudings tussen mans en vroue, ouers en kinders, slawe en hulle eienaars. Die verwagte gedrag tussen hierdie verhoudings word met die huistafels uiteengesit. Die doel van die huistafels was om die verantwoordelikhede van elkeen binne hierdie verhoudings te omskryf. Huistafels gee praktiese riglyne van hoe om gehoorsaamheid en 'n Christelike lewenswyse aan te leer. 'n Verdere bedoeling is dat 'n mens in verhoudings, deur Christus se oë na ander mense kyk. Hierdie beginsels van eensgesindheid, medelydendheid, liefde, goedhartigheid, en nederigheid wat beskryf word, kan op ander (gesasgs-)terreine toegepas word.

Siening van gedragskodes

Gedragskodes se doel was (is) om so met ander, binne die verhouding, saam te lewe soos God dit van sy Kinders vereis. Daar moet in liefde vir mekaar en uit respek vir God gelewe word. Om aan gedragskodes gehoorsaam te wees, beteken dus ook om gehoorsaam en onderdanig aan God te wees. Gedragskodes lei ons daartoe dat ons, in ons verhoudings, mekaar met onselfsugtigheid kan dien.

Etiek van gedragskodes.

Binne gedragskodes kom daar 'n algemene etiese perspektief na vore. Dit vorm die basis van etiese verhoudings. Verantwoordelikhede word deur hierdie huistafels uiteengesit. Kinders moet gehoorsaam wees aan hulle ouers, (maar) ouers mag nie hulle kinders vertoorn nie (Efesiërs 6:1-4). Etiese beginsels van gelykheid, menswaardigheid en selfs menseregte kom in huistafels sterk na vore. 'n Verdere voorbeeld is 1 Petrus 3:9 om nie kwaad met kwaad te vergeld nie. Daar moet dus in vrede met mekaar saam lewe. Uit die huistafels kan daar etiese onderskeid getref word van wat reg en wat verkeerd is.

Beïnvloeding van eksegese a.g.v. kennis van die mikro-genre Huistafels (1Petrus 2:18-25).

Die agtergrond aangaande die mikro-genre Huistafels, was geskoei op die eerste lesers se kultuurhistoriese omstandighede. Die oomblik wanneer dit nie meer in gedagte gehou word nie, word die gevaar geloop om die huistafels, hermeneuties verkeerd te interpreteer en gevolglik verkeerde toepassings, vir vandag daarvan af te lei. Met 1 Petrus 2:18-25 moet mens weet watter huishoudelike rol die oivke,thj vervul het en waar hulle in die gedragskodes ingepas het. Daar is van 'n slaaf verwag om onderdanig aan sy baas te wees en ook aan die godsdienstige praktyke van die huishouding deel te neem. Slawe-eienaars was gegrief as hulle slawe van godsdiens verander het. Gevolglik wou slawe nie meer deel hê aan hulle eienaars se godsdienste seremonies nie en ook nie daaraan deelneem nie.

Die stand en status van oivke,thj in die eerste-eeuse Grieks-Romeinse samelewing

Met die uitvoering van eksegese van 1 Petrus 2:18-25, is dit van uiterse belang om die plek van slawe en slawerny in Griekse-Romeinse samelewing in die eerste eeu te verstaan. Die samelewing van die Grieks-Romeinse samelewing was baie statusbewus en het daar 'n indeling van klasse plaasgevind. Die struktuur van hierdie klasse is deur welvaart, vryheid en burgerskap bepaal. Daar is onderskeid getref tussen die invloedrykes en die invloedloses, (die hoër en laer klas). Om kennis van die plek, status en sosiale beweeglikheid van oivke,thj in Grieks-Romeinse samelewing te verstaan, vereis dat daar noukeurig bepaal moet word hoe die strukture van hierdie verskillende klasse gewerk het. Die gedragskodes van oivke,thj in hierdie huishoudings moet ook verreken word. Met dit alles in gedagte kan die onderdanigheid van oivke,thj in 1 Petrus 2:18 ook sosiaal nagespoor word. (Slawe was die eiendom van die eienaar en die eienaar kon met die slawe doen wat hy wou).

Die toepassing van 1Petrus 2:18-25 in die huidige Suid-Afrikaanse samelewing

Slawerny bestaan nie meer in Suid-Afrika soos dit in die Grieks-Romeinse wêreld toegepas is nie. In sekere opsigte kom daar tog nog "slawerny" voor waar sekere base steeds soos tiranne oor hulle werkers optree. In Suid-Afrika is dit 'n bekende verskynsel met die toepassing van regstellende aksie. Mense word bevorder in poste waartoe hulle nie bevoeg is nie - dikwels 'n junior wat bo sy senior aangestel word. Dan word die ondergeskikte dikwels gedwing om die werk van die "baas" te doen. Die eerste gedagte is om wraak te neem of om te weier om opdragte uit te voer. As gelowiges het ons egter die status van Koningskinders. Indien die teks letterlik toegepas word, moet daar maar op die ondergeskikte getrap word en moet dit maar gelate aanvaar word. Eties weet ons dat daar vandag kanale is om te volg om hierdie probleme aan te spreek - sonder om "ongehoorsaam" te wees.

Please be aware that the free essay that you were just reading was not written by us. This essay, and all of the others available to view on the website, were provided to us by students in exchange for services that we offer. This relationship helps our students to get an even better deal while also contributing to the biggest free essay resource in the UK!